Kamala Harris besoek vandag Ghana

Die Amerikaanse visepresident, Kamala Harris, is hierdie week op haar drie-nasie toer in Afrika met haar eerste stop in Ghana vir ‘n geskeduleerde staatsbesoek. Harris sal ook besoek aflê in Tanzanië en Zambië. Sy keer Sondag terug na die VSA. Harris sê sy verwag positiewe bilaterale gesprekke met die Ghanese President, Nana Akufo-Addo, wanneer hulle vandag vergader.