Prins Charles: Slawerny in Karibiese Eilande is ‘n vlek op Britse geskiedenis

Prins Charles van Brittanje sê die gruwel van slawerny in die Karibiese Eilande sal vir ewig ‘n vlek op die geskiedenis laat. Hy het gister ‘n toespraak gelewer tydens Barbados se formele republiekwording. Die eilandnasie het besluit omKkoningin Elizabeth te verwyder as staatshoof. Charles het gepraat by die nasionale helde-plein in die hoofstad Bridgetown, wat vroeër as Trafalgar-plein bekend gestaan het. Hy sê die eiland se mense het hul pad met buitengewone vasberadenheid uitgekap. ‘n Geweersaluut van 21 skote het die nuwe republiek aangekondig.