Prins Charles se liefdadigheidsfonds weer in die sop

Die prins van Wallis se liefdadigheidsfonds sê die skenking in 2013 deur twee van Osama Bin Laden se halfbroers is noukeurig oorweeg. Britse media berig die prins van Wallis het ‘n skenking van 20,25 miljoen Namibiese dollar van die broers in Londen ontvang. Volgens die verslag het talle van die prins se naaste raadgewers hom aangeraai om die geld terug te gee. Die fonds se voorsitter, Ian Cheshire, sê dit was die trustees se besluit om die geld te hou en enige ander bewering is misleidend en onakkuraat. Dit is nie die eerste keer wat skenkings aan die prins se fonds wenkbroue laat lig nie.