Pretoriase sakeman herwin bewussyn ná skietvooval in November

Len Cloete van Pretoria, wat glo deur ‘n lid van polisie in die kop geskiet is, het sy bewussyn herwin en reageer deur sy oë te knip. Die 59-jarige Cloete se vrou, Chantal, het vandag gesê haar man het uit sy koma wakker geword nadat dokters hom geleidelik van medikasie afgehaal het wat hom kunsmatig in ‘n koma gehou het. Cloete is op 13 November in die vroeë oggendure geskiet nadat hy blykbaar in ‘n gastehuis in Muldersdrift in ‘n onderonsie met polisielede betrokke was en sy eie vuurwapen rondgeswaai het. Hy word in ‘n hospitaal in Krugersdorp behandel.