Pretboot strand in Durban

Die Nasionale Seereddingsinstituut sê die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid gaan die oorsaak ondersoek van ‘n vaartuig met 15 mense aan boord wat in Durban, KwaZulu-Natal gestrand het. Diensbemanning in Durban is opgeroep na aanvanklike berigte van ‘n huurvaartuig met 12 toeriste en drie plaaslike bemanningslede aan boord wat op ‘n rif langs Vetchie-strand gestrand het. Die woordvoerder van die Seereddingsinstituut, Craig Lambinon, sê met hul aankoms het lewensredders reeds minstens vier passasiers uit die boot verwyder.