Drie in Outjo gevang met dagga

Drie verdagtes is in twee afsonderlike gevalle in Outjo gearresteer vir die besit van dagga. In die eerste geval is ‘n 73-jarige pensionaris by sy huis in Kap en Bou, Etoshapoort betrap met 18 sakke dagga. Daarna is twee mans, ‘n 31-jarige Namibiër en ‘n 39-jarige Zambiër, in hegtenis geneem nadat die polisie op ‘n wenk gereageer het. Hulle het op drie arms en 120 ballies dagga in ‘n huis in Kamp 5 beslag gelê. Die waarde van die dagga is nog nie bepaal nie en die ondersoek duur voort.