Presidentsbeker swaar getref deur vermiste LIV-spelers

Die Verenigde State is die gunsteling om dié week die Presidentsbeker op Quail Hollow te wen in ‘n toernooi wat swaar getref is deur die wegbreek-LIV-reeks. Die Suid-Afrikaner Trevor Immelman se internasionale span sal sonder spelers soos die Britse Ope-kampioen, Cameron Smith, Louis Oosthuizen, Marc Leishman en Branden Grace wees nadat hulle oorgeskuif het na die LIV-toer en nie meer welkom is op die PGA-toer nie. Immelman sê hulle sien daarna uit om hulself te toets: