President van Europese Kommissie loof Oekraïners vir hul durf

Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê die mense van Oekraïne is ʼn bewys van ongelooflike durf en uithouvermoë, en hulle werk saam met die regering op ʼn heropbou-platform om bydraes te versprei. Sy was in die hoofstad, Kiёf, om verdere samesprekings te voer oor die Europese Unie se pogings om steun vir die oorloggeteisterde land te bewerkstellig. Von der Leyen sê hulle wil kanale skep vir beleggings en hervorming aanvuur, wat die lewe van die Oekraïners verbeter en die land meer aanloklik vir beleggers maak.