President Macron van Frankryk is bereid om Mosambiek te help

President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika en die president van Frankryk, Emmanuel Macron het oor die situasie in Mosambiek vergader. Macron sê sy land is bereid en gereed om Mosambiek te help indien die land om hulp sou vra na die onlangse terreuraanvalle. Ramaphosa het Macron se standpunt oor Mosambiek verwelkom.