President kan nie net uit sy amp verwyder word nie – Kawana

Ná die rooftog in 2020 op die Phala Phala-wildplaas van die Suid-Afrikaanse President, Cyril Ramaphosa, waar 4 miljoen Amerikaanse dollar gesteel is, het die Suid-Afrikaanse en Nambiese media vingers gewys na die Namibiese President, Hage Geingob, wat glo vir Ramaphosa gehelp het om die verdagtes aan te keer. Sedertdien het die Namibiese President onder druk gekom, veral van die opposisielede van die Namibiese parlement wat gevra het dat hy uit sy amp verwyder moet word. Albert Kawana, die minister van binnelandse sake, het vandag in die Nasionale Vergadering gesê daar is geen manier dat die Namibiese President net uit sy amp kan verwyder word nie, maar hy kan wel in ‘n staat van beskuldiging geplaas word.

Kawana sê die President en die Namibiese polisie het niks verkeerd gedoen nie.