President Geingob betuig sy medelye met die dood van prins Philip

President Hage Geingob het sy medeleye met Konigin Elizabeth en die Britse koningshuis betuig met die dood van prins Philip. In sy boodskap betreur hy die afsterwe van prins Philip en beskryf hom as ‘n gerespekteerde staatsman. Volgens dr Geingob voel Namibië en die res van die statebond die verlies van ‘n besondere leier in die uitdagende tye. Prins Charles het intussen hulde aan sy pa gebring.