Presidensie weier om kinders se vliegkaartjies te wys

Plaaslike media berig dat die presidensiële egpaar weier om die vlugkaartjies van die vyf presidensiële familielede, saam met Monica Geingos se broer Salomon Kalondo, wat saam met hulle na Dubai vir die COP28-byeenkoms gereis het. Die Engelse dagblad The Namibian berig dat presidensiële woordvoerder Alfredo Hengari geweier het om die kaartjies aan die koerant te verskaf. Hy het volgens die dagblad gesê daar is genoeg inligting in sy verklaring verskaf. Daar is kommentaar dat president Hage Geingob baie meer deursigtig moet wees en vrae is gevra oor hoekom die kinders in die eerste plek moes saam gaan. Volgens die jongste dokumentasie is 142 afgevaardigdes gelys waarvan vyf nie kon gaan nie omdat die parlement geen geld het nie maar, daar is blykbaar 70 ekstra sogenaamde oorspoel-afgevaardigdes wat tot 10 Desember die beraad bywoon.