As jou rybewys bepaal jy dra ‘n bril, dra hom

Bepalings van jou rybewys moet nagekom word. Daar is onlangs berig dat ‘n bestuurder, wat volgens haar rybewys ‘n bril moet dra, chirurgie ondergaan het maar steeds ‘n boete gekry het omdat sy nie haar bril, volgens haar rybewys, aangehad het nie. Die vraag is egter, hoe gaan ‘n verkeersbeampte of polisie-lid weet wanneer ‘n bestuurder ‘n bril verruil het vir kontaklense of chirurgie? Nampol-hoofinspekteur Rozario Coetzee van die verkeersdepartement het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.