Pres. Putin wil samesprekings met Oekraïne in Minsk voer

Die Kremlin sê die Russiese President, Vladimir Putin, wil samesprekings voer met die Oekraïne. Sy woordvoerder, Dmitri Peskov, sê die Russiese leier is gereed om ‘n hoëvlak-afvaardiging na die hoofstad van Belarus, Minsk, te stuur wat gasheer was vir vorige vredesonderhandelings en ooreenkomste. Drie ampsdraers van die Europese Unie en ‘n Europese diplomaat het intussen aan internasionale nuusagentskappe gesê die EU het ingestem om Europese bates te bevries wat verbind word met Putin en sy minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov.