Pres. Hage Geingob woon môre beraad oor Mosambiek in Pretoria by

Namibiese President Hage Geingob gaan môre aan die buitengewone Troika Plus-beraad oor die konflik in Mosambiek in Pretoria in Suid-Afrika deelneem. ‘n Vorderingsverslag van operasies van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se missie in Mosambiek, sedert hulle in die Cabo Delgado-provinsie teen Islamitiese insurgente ontplooi is, sal vrygestel word. Die beraad sal ook die weg vorentoe vir Mosambiek bespreek.