Pres. Hage Geingob woon Een Oseaan-beraad in Frankryk by

Die Een Oseaan-beraad en die sesde beraad tussen die Afrika-unie en die Europese Unie het ‘n uitgesoekte groep van 20 staatshoofde gekies, onder wie Namibiese President Hage Geingob. Hy sal op uitnodiging van die Franse President, Emmanuel Macron, deelneem aan die beraad. Dit vind plaas in die Franse stad Brest vanaf 9 tot 11 Februarie, met die hoëvlaksegment wat vir 11 Februarie geskeduleer is. Die Een Oseaan-beraad het ten doel om die internasionale gemeenskap te mobiliseer op te tree vir die behoud en ondersteuning van ‘n gesonde en volhoubare oseaan. President Geingob het reeds na Frankryk vertrek.