Pres. Hage Geingob praat by VN se Voedselberaad oor grondhervestiging

Namibiese President Hage Geingob het ook oor voedselveiligheid by die Voedselberaad van die Verenigde Nasies in New York gepraat. Hy het gesê die impak van klimaatsverandering op ontwikkelende lande is baie ernstig. Geingob het gesê hierdie lande het die ondersteuning van die internasionale gemeenskap nodig om toegang tot nuwe tegnologie te hê om voedselproduksie te verhoog. Tog, het Geingob gesê, landbouproduktiwiteit kan nie verhoog word as daar nie gelyke toegang tot grond is nie. Hy het in die verband gesê talle Namibiërs is op grond hervestig om grondverspreiding te prioritiseer.