Gewapende inbreker op Hentiesbaai doodskiet

‘n Inwoner van Hentiesbaai, Stefanus Blaauw, het vroeg vanoggend homself en sy vrou tydens ‘n inbraak van gewapende rowers verdedig. Die 60-jarige Blaauw het vanoggend omstreeks twee uur een van die vyf gewapende rowers doodgeskiet. Volgens die polisieverslag was die rowers met pangas, byle en messe gewapen. Die oorledene is met ‘n mes in sy hand gevind en die ander vier rowers het op die vlug geslaan. Bejaarde inwoners langs die kus is toenemend die teikens van misdadigers.