Pres. Geingob woon SAOG-spitsberaad in Kinshasa by

Namibiese President Hage Geingob het vandag na Kinshasa in die Demokratiese Republiek van die Kongo vertrek om deel te neem aan die 42ste Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se spitsberaad vir staatshoofde. Die leiers sal ʼn voorgestelde wysiging aan die protokol oor die ontwikkeling van toerisme in die streek bespreek, asook ʼn wysiging aan die Verdrag van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wat die erkenning van die SAOG-parlement as ʼn SAOG-instelling behels. Geingob sal Donderdag terugkeer.