Pres. Geingob aanvaar Leon Jooste se bedanking

Namibiese President Hage Geingob het die minister van staatsondernemings Leon Jooste se amptelike bedanking op 31 Maart aanvaar. Dié ministerie gaan nou onder die ministerie van finansies val. Jooste het op 15 Maart sy bedankingsbrief as minister en lid van die parlement by die President ingehandig. Geingob het Jooste bedank vir sy waardevolle bydraes, asook die belangrike rol wat hy in nasiebou gespeel het en wens hom alle sukses vir die toekoms toe.