Pres. Emmerson Mnangagwa eerste Zimbabwiese leier wat VK in 25 jaar besoek

Zimbabwe se President Emmerson Mnangagwa is die eerste leier van Zimbabwe in 25 jaar om Brittanje te besoek. Hy woon die Klimaatsberaad, COP26, in Glasgow in Skotland by. Hy het ‘n foto van hom saam met die Britse eerste minister, Boris Johnson, en die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, getwiet.