Premierliga hervat in die Oekraïne

Oekraïne se Premierliga gaan hervat ten spyte van die oorlog in die land en verskeie velde wat deur missiele vernietig is. Die beheerliggaam het in April, twee maande na die Russiese inval, besluit om die res van die seisoen af te stel nadat slegs die helfte van die wedstryde gespeel is. Die veldtog hervat volgende Dinsdag op die land se Nasionale Vlag-dag. Die hoof van die Oekraïnse Sokkervereniging, Andriy Pavelko, beskryf die besluit as ‘n teken aan die wêreld dat sy land kan en sal wen.