Prasa skors nóg ‘n uitvoerende hoof

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika het sy voormalige waarnemende uitvoerende hoof, David Mphelo, geskors te midde van bewerings oor onreëlmatige werwingspraktyke. Mphelo word ook beskuldig van ongerymdhede met verkrygings. Hy is in November verlede jaar in die pos aangestel nadat Zolani Matthews geskors is. Prasa se woordvoerder, Andiswa Makanda, sê Prasa se direksie sal geen verdere inligting oordra tot die proses afgehandel is nie.