Powerball-wenner gee diensstasie-eienaar N$17m in bonus

Die eienaar van ‘n Amerikaanse vulstasie het ‘n gawe meevallertjie gekry toe ‘n lotery-wenner hom 17 miljoen Namibiese dollar van sy wengeld gegee het. Die wenner, wat nog anoniem is, het die rekord-boerpot van 35,8 miljard Namibiese dollar in die Powerball gewen met ‘n kaartjie wat hy by Joe se diensstasie in Altadena, Kalifornië, gekoop het. Die eienaar, Joe Chahayed, sê hy was verstom en opgewonde toe hy die bonus kry en beplan om die meeste daarvan aan sy vyf kinders en tien kleinkinders te bestee. Hy weet nie eens wie sy weldoener is nie, maar hoop dis ‘n plaaslike inwoner.