Pous skenk 15 000 roomyse aan gevangenes

Pous Franciskus het 15 000 roomyse aan gevangenes in twee fasiliteite net buite Rome geskenk. Italië ervaar op die oomblik een van die warmste somers op rekord en sedert Franciskus aangewys is as pous, is daar verskeie sulke gemeenskapsprojekte wat die Vatikaan mee bedrywig is. Die roomyse is deur die pous se aalmoesenier, die Poolse kardinaal Konrad Krajewski uitgedeel. Krajewski hanteer al die pous se aalmoese en het ook badgeriewe vir haweloses naby die Vatikaan gestig.