Pous Franciskus neem sy voorganger se begrafnismis sittend waar

Pous Fransiskus het die begrafnismis vir sy voorganger, emeritus pous Benedictus op St. Petersplein in die Vatikaan sittend waargeneem. Hy het die meeste van die tyd langs die altaar gesit, omdat hy weens knieprobleme nie lank kan staan nie. Buiten amptelike afgevaardigdes van Italië en Duitsland was sowat 13 staatshoofde in hul privaat hoedanigheid teenwoordig.