Pasop vir onwettige kollegas

Die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys, wetenskap en innovering, Blade Nzimande maan studente en ouers om katvoet te loop vir onwettige of swendel-kolleges. Hierdie onwettige instellings bied nikswerd kwalifikasies aan wat geen punte tel by indiensneming of vir verdere studie nie. Die woordvoerder van die departement, Ishmael Mnisi, sê hulle sal steeds nou saamwerk met wetstoepassingsagentskappe om onwettige kolleges se deure te sluit.