Pous Benedictus vandag ter ruste gelê

Vandag se begrafnis van voormalige pous Benedictus sal die eerste keer in eeue wees dat die heersende hoof van die Rooms-Katolieke Kerk die diens van sy voorganger waarneem. Benedictus, wat as Joseph Ratzinger in Duitsland gebore is, is verlede week in die ouderdom van 95 oorlede. Hy het in 2013 uit die posisie bedank weens sy gevorderde ouderdom, en is deur pous Franciscus opgevolg. Die diens in die Vatikaan sal ‘n lae-profiel geleentheid wees, met slegs twee internasionale afvaardigings wat amptelik genooi is. Benedictus sal in die grafkelder onder die St. Petrus-basilika ter ruste gelê word.