Poskantoor-sluitings sal ouer mense raak

Die Suid-Afrikaanse Forum vir Ouer Persone herhaal sy beroep op die regering en dring aan op ‘n hersiening van die sluiting van verskeie takke van die Suid-Afrikaanse Poskantoor sodat die betaling van toelae nie daar kan plaasvind nie. Posbank het onlangs aangekondig kontantbetaalpunte word uitgefaseer, sodat ontvangers van maatskaplike toelae nie meer kontant by takke kan onttrek nie. Die woordvoerder van die forum, Kgosietsile Sehularo, is bekommerd dat die besluit ouer ontvangers van toelae negatief raak en hulle verplig om bykomende reiskoste aan te gaan, sonder enige subsidies om die koste te verreken: