Ivoorkus werk om 2022-tragedie te voorkom

Sokker: Alles is op dreef vir Afrika se tweejaarlikse sokkerskouspel, die Afrika-nasiebeker. Die toernooi se organiseerders in Ivoorkus is vol vertroue hulle veiligheidsmaatreëls sal ʼn herhaling voorkom van die tragedie in 2022 in Kameroen. Dis slegs die tweede keer sedert 1984 dat Ivoorkus die toernooi aanbied. Daar het destyds agt spanne deelgeneem teenoor die huidige 24. Die kompetisie vind van 13 Januarie tot 11 Februarie plaas en Senegal sal sy titel verdedig wat hy die eerste keer gewen het toe hy Egipte met strafpunte geklop het.