Positiewe koers vir Covid op 38%, twee sterftes

Die jongste Covid-syfers wek kommer. Die nuutste verslag, vir die week van 22 tot 28 Mei, dui aan dat die positiewe koers op 38 persent staan. Daar is 132 nuwe gevalle bevestig uit 384 toetse. Twee sterftes is ook aangemeld. Hospitalisering staan nou op 15 teenoor drie wat in die vorige week aangemeld is. Khomas en Oshana loop voor met gevalle met onderskeidelik 35 en 46 elk. Otjozondjupa is derde geplaas op 22. Gevalle is ook in Erongo, Hardap en Karas aangemeld. Die publiek word gemaan om versigtig te wees en self maatreëls, soos bekend, toe te pas.