Portugal se grense weer oop vir Britte

Portugal het bekend gemaak dat sy grense vanaf Maandag weer oop is vir Britse vakansiegangers. Voornemende reisigers moet ‘n negatiewe Covid-toetsuitslag hê wat nie ouer as 72 uur is nie. Internasionale media berig die besluit is aangekondig na vroeëre onsekerheid oor die verklaring van ‘n ramptoestand in Portugal. Daar is gevolglik duidelik gemaak dat die verklaring slegs verband hou met huishoudelike aangeleenthede soos die verpligte dra van maskers.