Popcru ruk op in landwye verset-optog

Die Suid-Afrikaanse Polisievakbond, Popcru, het sy lede gevra om in groot getalle te mobiliseer en deel te wees van die landwye verset-optog vandag na die Uniegebou in Tshwane. Volgens Popcru se woordvoerder, Richard Mamabolo, het hulle sedert die aanvang van die salarisonderhandelinge aan die begin van die 2022/23-boekjaar ten volle aan die onderhandelings-prosesse deelgeneem, net om tot die gevolgtrekking te kom die regering is nie bereid om ‘n beter aanbod te maak nie. Mamabolo sê werkers het sedert 2020 geen verhogings ontvang nie en die regering bied tans ‘n verhoging van slegs drie persent aan.