Poolse vrou doen DNS-toetse ná sy beweer sy is Madeleine McCann

’n Poolse vrou wat glo sy kan Madeleine McCann wees, het DNS-monsters ingedien vir forensiese toetse om te bepaal of sy die vermiste Brit is. Julia Faustyna, wat ook bekend staan as Julia Wendell, beweer op sosiale media dat sy moontlik die kind is wat in 2007 tydens ‘n gesinsvakansie in Portugal verdwyn het, weens ooreenkomste in hul ouderdom en voorkoms. Die 21-jarige het DNS-monsters ingedien vir drie verskillende forensiese ondersoeke wat haar DNS sal uiteensit, tesame met ‘n genetiese toets om haar herkoms vas te stel, volgens die private ondersoeker dr. Fia Johansson.