Politieke ontleder verwelkom Putin se afwesigheid by Brics-beraad  

Die politieke ontleder, Daniel Silke, sê die Russiese President Vladimir Putin se besluit om nie volgende maand die Brics-beraad in Johannesburg by te woon nie, word verwelkom. Die Internasionale Strafhof het in Maart ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik weens vermeende oorlogsmisdade ná Rusland se inval in Oekraïne. Suid-Afrika as lid van die Romeinse Statuut sou wetlik verplig wees om hom te arresteer as hy in die land aankom. Silke sê dit sou die land in ‘n baie ongemaklike posisie plaas.