Politieke ontleder: Uitkontraktering van groenskemas is intellektuele belediging vir boere

Namibiese politieke ontleder, dr. Gerson Sindano, het gesê die uitkontraktering van die groenskemas in die twee Kavango-streke aan private beleggers is ‘n intellektuele belediging vir plaaslike boere of beleggers in die gebied. Landbouminister Calle Schlettwein, het vroeër vanjaar aan beleggers in Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate, gesê die regering sal in Junie vanjaar ‘n versoek uitreik vir ‘n voorstel om 11 groenskemas te huur. Sindano het by die streeksrede van die goewerneur van Kavango-Oos Bonny Wakudumo, gesê om hierdie groenskemas aan buitestanders uit te kontrakteer, beteken dat Namibiërs dit nie self kan doen nie, daarom het die land iemand anders nodig om dit te kom doen.