Politieke kenner verwag nie veel van SAOG Troika

‘n Politieke kenner in Afrika-sake het gereageer op die Namibiese President Hage Geingob wat môre aan die buitengewone Troika Plus-beraad oor kwessies in Mosambiek in Pretoria in Suid-Afrika gaaan deelneem. ‘n Vorderingsverslag van operasies van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se missie in Mosambiek, sedert hulle in die Cabo Delgado-provinsie teen Islamitiese insurgente ontplooi is, sal vrygestel word. Die beraad sal ook die weg vorentoe bespreek. Dr. Charles Sinkala het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hy nie veel verwagtinge van die Troika het nie.