Politieke kenner reageer op Geingob CC-uitlatings

Dr Hage Geingob, president van Swapo, het die naweek tydens die vergadering van Swapo se sentrale komitee gesê dat hy met teleurstelling opgemerk het dat sommige lede die vertroue in die party verloor en nie meer trots is om Swapo-kleure te dra of die party te verdedig as dit deur politieke teëstanders aangeval word nie. Hy is glo ook teleurgesteld dat Swapo-parlementslede hulle soos onderdane gedra en toelaat dat opposisielede die verrigtinge beheer. Christie Keulder, ‘n politieke ontleder en navorser by die Survey Warehouse.