Politieke analis reageer op deel van oliebronne

Die Namibiese regering is daartoe verbind om te verseker dat die ontwikkeling en ontginning van die onlangs ontdekte oliebronne deursigtig sal wees en tot voordeel van Namibië se mense sal wees. Dit is volgens President Hage Geingob wat die versekering gegee het dat alle Namibiërs aan die land se welvaart deel, het hy tydens Onafhanklikheidsvieringe op Swakopmund gesê. Hy het weer beklemtoon dat niemand uitgelaat moet word nie. ‘n Dosent in die departement politieke en administratiewe studies aan die Universiteit van Namibië, dr. Phanuel Kaapama het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die mense wat die meeste geld belê, gewoonlik ‘n groter sê wil hê.