Politici moet vorentoe kyk, ophou om ander te blameer

McHenry Venaani van die opposisieparty Popular Democratic Movement en Swapo se Utoni Nujoma het koppe in die Nasionale Vergadering gestamp toe Venaani die gebrek aan ekonomiese ontwikkeling deur die Swapo-regering vir meer as 32 jaar sedert onafhanklikheid aangespreek het. Venaani het voorbeelde gebruik van die uraanmynbou in die land en gevra hoe dit Namibië bevoordeel het. Nujoma het Venaani vinnig daaraan herinner dat sy party in 1978 aan bewind was en daar is niks om daarvoor te wys nie. Politieke kenner, dr. Hoze Riruako, sê aan Kosmos 94.1 Nuus politici hou aan om na die verlede te verwys, in plaas daarvan om ‘n blywende oplossing te vind.