Politici moenie vir die masses jok: Kamwi

Terwyl hy sy hoop vestig op jeug-kiesers en jong politici om op te ruk en by vanjaar se verkiesings getel te word, raai voormalige kabinetsminister dr. Richard Kamwi politieke partye aan om eerlike veldtogte te voer eerder as om vir die massas te lieg. Hy spreek verder sy ontevredenheid uit oor sekere parlementariërs wat nie hul prioriteite in plek het om die land en sy burgers op te hef nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Kamwi oor die saak gesels.