Polisieman wat Rooies laat ontsnap verskyn weer in Januarie

Die lid van die Namibiese polisie wat in hegtenis geneem is in verband met die ontsnapping van oudlanddros en bedrogaangeklaagde Walter ‘Rooies’ Mostert is inspekteur Reinhold Nekavu. Inspekteur Nekavu, 51, is by die Katutura-landdroshof gestasioneer en is aangekla van dwarsboming van die gereg en die bystand van ‘n gevangene om te ontsnap. Nekavu is nie gevra om te pleit nie en sy saak is tot 27 Januarie uitgestel. Hy het na wat beweer word, Vrydagoggend vir Mostert by die Auas Hills-hospitaal, waar hy behandeling ontvang terwyl hy verhoorafwagtend is, afgelaai en sonder enige polisiebewaking daar gelaat. Mostert het pas in die hof verskyn en het daarna verdwyn.