Polisiehoof stel Namibiese besighede gerus oor vermeende plundery

Die huidige onrus in Suid-Afrika het gelei tot dreigende boodskappe op sosiale media van beplande plundery en oproer wat glo Vrydag by inkoopsentrums in Windhoek sal plaasvind. Volgens Maerua Mall is die geldigheid hiervan onbevestig. Maerua Mall sê dit is saam met sy sekuriteitsmaatskappy en die Namibiese polisie op ‘n gereedheidsgrondslag en noodplanne is in plek as plundery wel sou plaasvind. Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, sê die skuldiges wat geweld aanhits sal vasgevat word.

Die polisiehoof stel Namibiese besighede gerus en sê Namibië is ‘n vreedsame land.