Polisiebeampte verloor glo ‘n renosterhoring

’n Polisiebeampte van die Otjiwarongo-polisiestasie verskyn vandag  in die Noorde-dorp se landdroshof nadat een van ses renosterhorings wat in sy sorg gelaat is, vermis geraak het. Die renosterhorings was deel van ‘n onthoringsproses by ‘n private wildreservaat. Volgens die Namibiese polisie het die voorval oor die naweek gebeur toe een van die ses renosterhorings in die hande van die verdagte vermis geraak het. Die verdagte is glo ses renosterhorings gegee wat deel was van ‘n onthoringproses van die wildreservaat om dit by die Otjiwarongo-polisiestasie te bewaar. Een van hulle het egter vermis geraak. Die verdagte is oor die vermiste horing van 12 kilogram gekonfronteer, maar kon nie ‘n bevredigende antwoord gee nie, wat tot sy inhegtenisneming gelei het.