Polisiebeampte in hegtenis geneem wat Rooies Mostert laat glip

Die polisiebeampte wat laas saam met die voortvlugtige beskuldigde, Walter ‘Rooies’ Mostert gesien is, is in hegtenis geneem en verskyn vandag in die hof. Die polisiebeampte het na bewering vir Mostert verlede Vrydag by die Auas Hills-hospitaal afgelaai waar hy behandeling ontvang het. Oudlanddros Mostert wat op verskeie bedrogklagte teregstaan, is vermis nadat hy uit polisie-aanhouding ontsnap het.