Polisie wil nie veel sê oor moord op Rehoboth nie

Polisie op Rehoboth het bevestig dat daar ‘n moord in die vroeë oggendure op die dorp plaasgevind het. ‘n Man is vermoedelik vermoor maar, die polisie wou geen verdere besonderhede bekend maak nie, ook nie die oorsaak van sy dood nie, omdat die naasbestaandes van die oorledene nog nie opgespoor is nie. ‘n Ondersoek is van stapel gestuur. Die woordvoerders van die mag in die hoofstad het ook nog nie ‘n verslag ontvang nie.