Polisie-verklikker maak verdoemende aantygings teen Cele

Die Vrystaatse polisie-verklikker, Patricia Mashale, het gewaarsku President Cyril Ramaphosa moet aanspreeklik gehou word indien iets met haar sou gebeur. Die administratiewe klerk het verdoemende bewerings bekend gemaak teen die minister van polisie, Bheki Cele, en sekere hooggeplaaste amptenare in die provinsie. Mashale sê sommige amptenare is buitelandse burgers met vervalste dokumente. Sy sê daar was verskeie pogings om haar te vermoor sedert sy die stellings gemaak het, en sy skuil tans: