Polisie sukkel met voertuie

Die verbod op nuwe voertuigaankope wat deur President Hage Geingob tot 2025 ingestel is, plaas druk op die Namibiese polisie. Sonder voldoende voertuie is dit ook onmoontlik om te verseker dat inperkingsmaatreëls toegepas word en ook om misdaad te bekamp. Die hoof van die polisie, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.