Polisie soek verdagte in R30m kokaïen saak

Die polisie in Mpumalanga soek na ‘n vragmotorbestuurder nadat byna 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand se kokaïen die naweek by die Lemombo-grenspos in sy vragmotor gevind is. Die voertuig het die land van Mosambiek af binnegekom en die vrag as haarstukke geïdentifiseer. Polisiewoordvoerder Selvy Mohlala sê die vrag is aanvanklik ingeklaar, maar beamptes het verder ondersoek ingestel en op die dwelm afgekom: