Polisie soek na vier verdagtes wat toeris beroof

Die Namibiese polisie se bevelvoerder in die Khomas-streek, kommissaris Ismael Basson, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar word na vier verdagtes gesoek wat in die hoofstad ‘n toeris aangeval en beroof het. Nampol het foto’s beskikbaar gestel van twee verdagtes, naamlik Charles Charlo Siririka en nog een wat slegs as Kaumatua geïdentifiseer is. Komm. Basson het ‘n beroep op die publiek gedoen om te help om hierdie verdagtes op te spoor.